Kommentaar van Lorber leser oor Judith

 

 

GoeieMore,

 

Hoop dit gaan goed...

 

Na aanleiding van julle TuisBlad se publikasies van Judith de Beer het ek dit goed gedink om ook 'n stuiwer in die beurs te gooi. Is dit iets nuuts, nee glad nie, net 'n herinnering van wat alreeds geskryf is, wat ons soms so maklik agterwee laat.

 

Groete en Sterkte

 

 

Besef jy wie jy is ?

 

Elke mens het ‘n onsterflike siel en in die siel ‘n gees ( die gees heet die liefde ( die Vader ) d.i die oorsprong van alles ) wat nog onsterfliker is. En soos die siel, as gees wat haarself uit die materie ( die wêreld ) ontwikkel, volledig een sal word met die oergees van God - wat liefde/Vader heet, moet al die strewe van die siel daarop gerig wees, dat  sy haarself,

 

q       ten eerste losmaak van die materie ( die wêreld ) en van alle eise wat dit stel en dat sy al haar inspanning, doen en late alleenlik na die suiwer geestelike sal rig;( sal rig na die Vader / die liefde )

q       ten tweede moet dit voortdurend haar enigste sorg wees om een te word met die Gees van God se suiwer liefde wat in haar is, omdat Elohim Self in oorsprong van Sy oerwese die allersuiwerste Liefde is ! ( Maar My lewenswandel op aarde moes vir die mense die Krag van die liefde aanskoulik maak, hulle moes die betekenis daarvan leer begryp om My lewenswandel self as voorbeeld te neem en net soos Ek, die VADER, die ewige Liefde, as doel van hulle lewe op aarde kies.)

 

Maar hoe kom ‘n mens dan te wete dat sy siel een geword het met die ware Gees van God / Vader ( liefde ) in hom?

 

Dit kom hy uiters maklik uit homself te wete ! As jy jouself geen hoogmoed, geen onnodige eersug, geen sug na roem, geen afguns, geen verlange na besit, prag en praal, geen eieliefde nie, maar daarenteen des te meer liefde vir jou naaste en God lewendig en waarlik voel en dit jou ‘n ware diepe vreugde in jou hart berei as jy alles wat jy besit in geval van nood aan arm broers en susters, wat gebrek ly, gegee het, ja, as dit jou werklik pyn in jou hart gee wanneer jy ‘n arme nie kan help nie, wanneer God alles vir jou beteken en die hele aarde met sy rykdom en skatte niks nie;

 

…dan is jou siel reeds heeltemal een met die Gees van God / Vader  ( liefde ) in haar, dan het sy die volmaakte ewige lewe bereik, is wys  ( gesëend deur die Wysheid ) en waar nodig, in staat om wonderwerke te verrig net deur haar suiwer wil ( wils-krag / liefdes-krag )

( jakob lorber Boek 5  bl 133 )