21 November 2009 - BOEKE WEER IN DRUK

Dit is met groot dankbaarheid aan ons Verlosser, JaHshua dat ons vandag kan bekendmaak dat die Nuwe Openbaring boeke weer gedruk word by die Dogter van Sion. Die volgende boeke is nou op die rak:

Jeug van JaHshua

Groot Johannes Evangelie Boek 1

Drie dae in die Tempel

Oor die drumpel van die dood

Bybeltekste en hul verborge betekenis.

Gawes uit die Hemel

Soos wat fondse beskikbaar raak, sal ons die ander ook beskikbaar stel. Indien u hierdie aksie wil ondersteun, sal dit hoog op prys gestel word. Fondse kan inbetaal word by Dogter van Sion, ABSA bank, Hartebeespoort 632005, spaarrekening No:  38001060811.

Liefde groete

Dirk van Vuuren