WOORD VAN VADER deur Louise Snyders

WOORD VAN VADER

deur Louise Snyders

Vrydag 10 Okt. 2007 23;30

(vergelyk met hfst.1 van ”Maak en Breek” (dit kom nog!) wat ek `n week later ontvang het.)

Soos ‘n klavier se note verband hou met ‘n ghitaar,

So hou MY Woord verband met `n pilaar.

‘n Pilaar wat in nood bevry.

So, gedenk MY en jy sal aan die lewe bly.

SATERDAG 13 Okt. 23;45

Die koningskap word aan die gegee

Wat MY in hulle harte begeer

Daarom, wees bly en juig

Want jy sal van MY getuig.

SONDAG 14 Okt. 13:24

Geseënd is hy wat by MY bly,

Wat in storm en nood vir MY sal stry.

SONDAG 14 Okt. 22:40

Die oorwinning oor die dood

Is soos die daaglikse brood.

En elke een wat MY bely,

Is van sy sonde vry.

MAANDAG 15 Okt 02:20

Die profete bring die brood

van waarheid, na die dood.

So let op na MY Woord

Anders pleeg jy moord.

Donderdagoggend 18Okt. 00:45

Daar waar EK is, is geen nood

Want EK gee die daaglikse brood.

Want EK IS die Daaglikse Brood.

Woensdag 18 Okt

Hy wat op MY sal wag,

hoef nie te vrees vir die nag.

Al is die nag hoe donker.

19Okt.

(Ek was bang ek hoor nie Vader se stem nie en het lank gewag)

Leer om na My Woord te luister - die Stem binne jou.

Die wat op MY wag

kry nuwe krag.

22 Okt.

(Laat in die nag het ek gevoel ek moet waak en bid, maar kon nie wakker bly nie. Ek het by die lessenaar aan die slaap geraak en is met die volgende wakker gemaak.)

Hoor MY stem en moenie slaap nie, want ‘n nuwe dag begin.

‘n Dag waarop al MY skepsele vir MY sal sing.

‘n Dag waarop almal - groot en klein - hulle sal verbly.

Want kyk, EK kom, dis verseker en gewis!

25 Okt.

Kyk na MY en moenie vrees nie

More bring ‘n nuwe dag.

Kyk na MY en moenie vrees nie

Eerlank is dit ewig nag.