Die Mammon sisteem oortrree ons Vader se woekerwette

Hieronder volg `n boodskap van, Ronette, kommersiële bestuurder van `n internasionale maatskappy oor die toestand van die huidige finansiële markte. Ek dink dit is belangrik, aangesien ons Vader ons reeds deur Judith de Beer (Profesie 84) gewaarsku het dat die geldmag gaan val. My verdere kommentaar volg daarna.

 

Middag Oom Dirk

 

Ek wil net vinnig vertel wat ek die naweek op die nuus hier in London gesien het. Weet nie of hulle dieselfde in SA ook uitsaai nie, die storie is al blykbaar 'n hele rukkie aan die gang maar ek en my man steur ons nie gewoonlik aan die nuus- en wêreldgebeure nie, en ek het dit toevallig nou eers (na hierdie naweek) raakgesien.

 

Dit gaan oor Amerika se "mortgage meltdown". Duisende Amerikaners verloor hulle huise op 'n streep omdat die eiendomsmark net doodeenvoudig platgeval het. Eienaars se huis-verband paaiemente het in die afgelope 2 weke VERDUBBEL, en niemand kan dit meer bekostig nie. Die resultaat is dat eiendom se waarde val met 'n groot spoed omdat daar nou 'n oorvloed beskikbaar is op die mark (ek is seker Oom is bekend met die hele "supply & demand" teorie van ekonomie) en eiendomme word letterlik sommer op straathoeke verkoop aan enige iemand wat belangstel (en die paaiemente kan bekostig). Die enigste mense wat nog belangstel in koop is groot ontwikkelaars vir beleggings, of om die eiendomme te her-ontwikkel en sodoende net nog meer geld uittap uit die middelklas mense. Hulle skat dat ongeveer 2 MILJOEN mense teen die einde van die jaar (wat maar 4 maande ver is) hulle huise gaan verloor en forseer word om op straat te leef.

 

Die nuusartikel was maar vinnig en kortaf, ek moes op die internet met groot gesukkel om uit Engeland se "automated" internet uit te kom en oor te gaan na Amerika-verwante artikels, verder gaan opsoek oor inligting. Hierdie krisis affekteer natuurlik die wêreldmag en geldmag, en so versprei die rimpeleffek tot in Suid-Afrika met hoër rentekoerse en ook die Rand-Dollar waarde, petrol pryse ens, ens.

 

Ek wil net met alle erns noem dat ek nie paniek wil saai of eindtye voorspel nie, YHWH alleen weet wanneer die tyd kom en wanneer dit die regte tyd is. Hou asb in gedagte dat daar wel voorheen sulke krisisse, selfs erger, was in Amerika, byvoorbeeld die energie krisis in 2002 en die Groot Depressie in die vroeë 1930's. Dit is net interessant en vir mense soos Oom wat graag 'n oog hou oor enige gebeure wat dalk die einde kan beteken, om hierdie situasie dalk dop te hou en gebeure te volg.

 

Ek sluit hieronder aanhalings uit die internet nuus uit, wat vandag (Dinsdag 28 Augustus 2007) rapporteer is. Party van die name is bekend as wêreldwye geldmagte, ek kan self sê dat Merrill Lynch en Citigroup van die grootste aanwesigheid orals in die wêreld het en tien-teen-een aan Oom ook bekend is, en hier in London maak hulle natuurlik 'n groot deel uit van die "Square Mile". Ek noem nou dalk feite waarvan almal in elk geval bewus is, die Square Mile is al 'ou nuus', so ek sluit af met die artikels hieronder.

 

Groete

Ronette

 

Harold Maass of The Week The Best of Today's Business

Banking on Housing, Betting on China

by Harold Maass of The Week

Email this Page IM this StoryBookmark this StoryAdd to your Del.icio.us accountDigg this StoryPrint this Story

Excellent (8 Ratings)

4.25/5

Posted on Tuesday, August 28, 2007, 12:00AM

NEWS AT A GLANCE

Soft housing hits banks

Asian markets fell today and European stocks got off to a rough start as fears about the U.S. housing slump's effect on the broader economy spread. Financial services firms, which would be hit by mortgage problems early on, led the decline. (Reuters) Merrill Lynch this morning downgraded Citigroup, Bear Stearns, and Lehman Brothers because of their dependence on the debt markets. (MarketWatch) "Investor sentiment is quite poor and I think it will remain quite poor for some time," said Andrew Milligan at Standard Life Investment in Edinburgh. "This is not a problem with one institution. It's a financial sector problem." (Bloomberg)

Housing problems breed others

Politicians in Washington have launched a debate over whether the government should step in to help homeowners facing a wave of foreclosures expected to hit this fall. The foreclosures are causing problems for up to two million potential voters with adjustable-rate mortgages. As foreclosures rise, Los Angeles officials are bracing for problems, such as mosquitoes breeding in stagnant swimming pools. Squatters are already moving into empty homes. "If you know what you're doing, you can get six months in a place with a kick-ass view," said Los Angeles police officer Chris Ragsdale.

NOTED: U.S. consumers are defaulting on their credit cards at a sharply higher rate than in 2006, according to a report in the Financial Times. The report, citing Moody's, said credit card companies are writing off 30 percent more payments. Moody's said the higher defaults may stem from the subprime mortgage crisis. (CNNMoney.com)

Posted on Friday, August 24, 2007, 12:00AM

 

 

Beste Ronette,

 

Dankie vir hierdie waardevolle stukkie inligting. Ek sal dit spoedig op die webwerf, www.nuweopenbaring.co.za plaas, aangesien dit `n vervulling van `n profesie is wat besig is om plaas te vind.

Twee weke gelede verskyn daar `n interessante artikel in die Rapport se Sake afdeling wat juis handel oor die huismark situasie in die VSA. Sien uittreksels uit die artikel hieronder.

Die oorsprong van die finansiële krisis in die Amerikaanse huismark moet gesoek word in die vergryp teen een van ons Hemelse Vader se wette van naasteliefde, naamlik dat jy nie woekerrente mag hef nie.

Sien Esegiël 18:12-13

12        die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode, gruwelike dinge doen,

13        op rente leen en woeker neem—sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom.

So moet hierdie sisteem gedood word wat `n volk vernietig met woekerrente. Dis wat nou hulle voorland is, want soos wat die huismark intuimel, so gaan almal wat saamgesmul het aan die woekertafel, ook ineenstort. Jy sien, hulle die armes, wat hoë leenrisiko’s was, was met meer rente belas, die lenings is in groepe saamgebondel en hierdie hoogs winsgewende bondels is verhandel op die ope mark. Nou stort alles in duie en dit sal hele markte laat tuimel.

 

Prys die Hemelse Vader vir Sy wette en insettinge.

 

Dirk van Vuuren

 

Artikel in Rapport:

Krisis op die wêreldmarkte

Wat het Amerika se huismark met SA aandele te doen?

DAVID VAN ROOYEN


Wat het die Amerikaanse huismark met my aandele op die JSE Sekuriteitebeurs te doen, het ’n leser van die Kaapse Weskus dié week gevra.
En dit is ’n geregverdigde vraag, want dit lyk darem onwaarskynlik dat vrese dat ’n Amerikaanse huiseienaar nie sy huislening sal kan terugbetaal nie, die pryse van ’n Suid-Afrikaanse platinumaandeel onder druk kan plaas.
Die wêreld se finansiële markte is egter baie nou ineengestrengel en gebeure wêreldwyd het deesdae ’n invloed op Suid-Afrika.
Hopelik sal antwoorde op die volgende vrae help.

( Waar het die probleem ontstaan?
In Amerika het banke te midde van een van die sterkste lopies in menseheugenis in die eiendomsmark begin om huislenings toe te staan aan mense wie se kredietrekord nie bo verdenking is nie (LEES IN; ARMES: DvV).
Hulle het die risiko van die lenings probeer regverdig deur vir dié mense hoër rentekoerse (WOEKER WAT STRAFBAAR IS: DvV) as gewoonlik te vra. Sulke lenings staan as subprima-lenings bekend.
Die lenings was aanvanklik nie ’n probleem nie, omdat buitengewoon lae rentekoerse dit selfs vir riskante leners bekostigbaar gemaak het. Die banke het hul blootstelling aan dié swak kliënte verder verminder deur die lenings in bondels saam te voeg en in die vorm van skuldbriewe aan beleggers te verkoop (VERDERE WOEKERWINSTE GESOEK!!: DvV).
Die geld wat die banke vir die bondels huislenings gekry het, is gebruik om meer lenings toe te staan. Die rente wat die subprima-leners op hul huislenings betaal, is gebruik om ’n opbrengs aan die beleggers te betaal – en beleggers het ’n hoër as gemiddelde opbrengs op die skuldbriewe verdien. Die skuldbriewe was boonop verhandelbaar, dus kon ’n belegger enige tyd sy blootstelling aan die subprima-lenings verkoop (WOEKER, WOEKER, WOEKER!!!: DvV).
Die probleem het begin toe sterk verbruiksbesteding in Amerika tot inflasiedruk gelei het, en Amerika se sentrale bank begin het om rentekoerse te verhoog.
Dit het kommer laat ontstaan dat die subprima-kliënte gaan sukkel om hul lenings terug te betaal. En met die eerste aanduidings dat slegte skuld effens begin styg, kon die beleggers in sulke subprima-skuldbriewe nie gou genoeg daarvan ontslae raak nie.
Die aanbod van hierdie skuldbriewe was só groot dat die pryse daarvan feitlik in duie gestort het. Die waarde het in sommige gevalle tot net 10% van die oorspronklike waarde gedaal.
Talle institusionele beleggers oor die wêreld, onder meer groot banke se verskansingsfondse, het geld op groot skaal in die subprima-skuldbriewe belê. Sommige van die fondse was nie in staat om hul kliënte se geld terug te gee nie, omdat die subprima-skuldbriewe feitlik niks werd was nie.
(
Wat is die invloed van die verliese op die wêreld se ekonomie?
Die verliese wat beleggers met die skuldbriewe gely het, het tot ’n likiditeitskrisis in die wêreld se grootste ekonomieë gelei.
Die banke leen die meeste van die geld wat hulle weer uitleen by beleggers in die geldmark, en nie by sentrale banke nie. En die rentekoerse wat hulle betaal, word deur die beskikbaarheid van geld bepaal.
Dit is egter dieselfde beleggers wat groot geld in die subprima-lenings verloor het, wat ook in die geldmark geld aan die banke leen.
Hulle het nou óf nie meer geld oor om uit te leen nie óf het so groot geskrik dat hulle nie meer geld wil uitleen nie óf hulle wil ’n hoër rentekoers as voorheen hef om vir die risiko te vergoed.
’n Gebrek aan geld om te leen het daartoe gelei dat rentekoerse in die internasionale geldmarkte begin styg het.

( Hoe raak dit die aandelemarkte?
As die banke meer vir geld moet betaal, gaan hulle ook vir hul kliënte ’n hoër rentekoers vra. En as kliënte in al die groot ekonomieë hoër rentekoerse moet betaal, kan dit ’n demper op ekonomiese groei plaas omdat dit verbruiksbesteding en investering knou.
Dit is waarvoor die markte bang is. En dit is waarom die wêreld se grootste sentrale banke die afgelope week ekstra geld aan die banke beskikbaar gestel het om die druk op rentekoerse te verlig.
Van die instellings wat groot verliese met subprima-skuldbriewe gely het, moet ook van hul aandele verkoop om die verliese goed te maak, wat aandeelpryse onder druk geplaas het.

(
Hoe word die Suid-Afrikaanse mark geraak?
Suid-Afrika word op twee maniere geraak. In die eerste plek het die woelinge in die finansiële markte mense groot laat skrik, wat hulle afgeskrik het van enige risiko.
Suid-Afrika word as ’n ontluikende mark beskou en ontluikende markte word tradisioneel as ’n hoër risiko beskou. Dit gebeur dus dikwels dat beleggers, wanneer hulle risiko wil vermy, hul blootstelling aan ontluikende markte verminder.
Dit kan die JSE swaar tref, want meer as die helfte van die geld wat op dié mark belê word, kom uit die buiteland.
En as die likiditeitskrisis die wêreld se ekonomiese groei knou, kan dit die vraag na grondstowwe soos platinum, ystererts en steenkool verminder.
Suid-Afrika is ’n groot produsent van dié grondstowwe en dit kan weer sy mynmaatskappye se wins laat daal.

(
Speel emosie ’n rol?
Dit is duidelik dat paniek ingetree het en mense nie meer rasioneel oor fundamentele faktore dink nie.
Die groot probleem is dat die wêreld se finansiële owerhede nie weet hoe groot die probleem is, en veral hoeveel die banke in die proses verloor het nie.
Sentrale banke is nou oral in die wêreld besig om te probeer vasstel wat die omvang van die probleem is.
Intussen berei paniekerige beleggers hulle op die ergste voor en elke brokkie nuus word beskou as ’n ramp wat tot nog ’n slagting op die markte kan lei.